Taye Brink

Biografie

Taye Brink is op 28 Januarie 1999 in Johannesburg gebore. Taye is ‘n sanger, teater aktrise en ‘n model met groeiende ervaring in openbare optredes.

Sy het die voorreg gehad om voor Internasionale verkenners, soos Kim Myers Direkteur en Eienaar van ARTS EXPO, Tashia Stafford van Icon Studio’s Atlanta en Nate Butler A & R America’s got Talent  en vele meer agente op te tree. Taye was aanvaar om die wêreld se grootste kuns en vermaak platform, naamlik The Applause Rising Talent Showcase (ARTS EXPO), en  New York Film Acadamy (NYFA) in Orlando, VSA, by te woon.  Van die funksies waar sy opgetree het, sluit  in We got Talent Boksburg (2012 wenner, 2013 naaswenner), Klip Koppie Musiekfees (2010 finalis), School Idols (2012-2014), Alberton Blanket Drive, Damestee-byeenkomste, Kankerdag, Jeugdag-fees, HIV-bewusmakingsdag en Summer Heat  Talent kompetisie  in. Taye Brink se eerste album, Stronger than ever, is in 2015 vrygestel. Sy skryf en neem tans haar nuwe single met skrywer en produksie bestuurder, Nico Goosen, van  Anua se  #EatPopcorn Productions op.  Haar eerste Afrikaanse CD is  tans in produksie vervaardiging  en word vrygestel in 2016.

Taye het swemdrag fotografie en kreatiewe “runway” modelwerk gedoen. Sy het die geleentheid gehad om saam met die Internasionale fotograaf, Michael Petry, te werk. Taye identifiseer met verskeie musikale style, soos Teater, Pop, Rock, Jazz en Blue.  In haar spaartyd ontwerp sy kreatiewe skilderye en kleimodelle as ‘n genotvolle aktiwiteit. Sy het fotosessies saam met verskeie fotograwe vir funksies en ook advertensies vir skole gedoen. Sy is huidiglik besig om afrigting in dans te ontvang.  Die werkswinkel verg tegnieke en hoe om “You Factor” in jou dansstyle te verbeter. Haar huidige dansstyl is Hip-Hop.

Haar algemene vaardighede sluit  in dans, sport, swem, lees, kreatiewe skilderye en kleimodelle.

Prestasies

2009 – 2014: Skoolloopbaan: Verskeie trofees, sertifikate vir verskeie kompetisies en klein sangoptredes.
2012: Slaag met ‘n onderskeiding in my Internationale Eksamen by Trinity College London (Vocals).
2013: Slaag met ‘n onderskeiding in Praktiese en Musikaleteorie Grade-eksamen by Trinity College London (Vocals – Graad 1).
2014: Slaag met onderskeiding in my Internationale Eksamen by Trinity College Lodon (Vocals – Graad 2).
2014: Voltooi Applause Rising Talent Showcase (ARTS EXPO) in Orlando – Florida
Finale rondtes:  – Atlantic Records (New York)
– Diamond Agency (Orlando – Florida)
– Albany Talent and Model Agency (New York)
2014: Musiekopname – Franz Geldenhuys, Agtergrondsanger vir ‘n nuwe Single “Lullaby”.
2015: Stel twee musiekopnames, Air You Leave en Oceans Apart vry.
2015: Voltooi en vrystelling van my eerste album, Stronger Than Ever.
2015: Opname van my Single saam met Nate Butler.
2015: Slaag met onderskeiding in Internationale Eksamen by Trinity College Lodon (Vocals – Graad 3)
2015: Voltooi tans Vocal prakties by Trinity College London (Graad 4).
2015: Sing ‘n gedeelte in die nuwe, opkomende Afrikaanse film, Gebore Talente, wat in 2016 vrygestel word.

 

Opleiding

2010 – huidiglik : Weeklikse Meester sang klasse in Rock- en Pop Musiekteater-optredes by ANUA Schools of Music & Performing ARTS waar Internationale Vocal Coach Nico Goosen die  hoof en eienaar is.
2013 – 2014: Weeklikse opeenvolgende lesse in dansstyle by Wilma Dancing Studio aangebied deur Wilma van Niekerk.
2014: Weeklikse opeenvolgende Hip-Hop danslesse by Just You Artist & Model Management aangebied deur Bakhayisele “BK” Khumalo.
2014: Modelopleiding (Fotografie, swemdrag en kreatief) by Just You Artist & Model Management aangebied deur Elsubie de Lange.
2014: Dramaprogram by Indigoview/Vision Beyond Borders aangebied deur Steven Feinstein.

Wees eerste om te weet as ek iets wil deel!